Binnelanders
Weeksdae om 19:30 op kykNET
Maandag, 19 October
Dewald aanskou ’n gevaarlike insident in die teater en weet nie wat om daarvan te maak nie, en twee kollegas wat saam by Thusanang uithelp, kan nie hulle hande van mekaar afhou nie.
Dinsdag, 20 October
Bonnie dink Luke tree onregverdig op, en Katryn konfronteer vir Henry. Johan vermoed Ella was nie eerlik met hom nie, en hy is geskok wanneer hy van At se planne te hore kom.
Woensdag, 21 October
Ella deel nóg inligting oor Steve met Johan, Bonnie se hart breek vir ’n pasiënt, en Katryn besef waarmee haar pa besig is en sy wil vir Henry waarsku.
Donderdag, 22 October
’n Pasiënt is woedend nadat haar been geamputeer word, Steve moet sy onskuld bewys, en Ella ruik ’n rot. Henry spook om ’n afspraak by ’n neuroloog te kry.
Vrydag, 23 October
Steve is vasbeslote om ’n Binnelander te ontbloot. Uys het ’n ernstige gesprek met Luke, en Henry gaan vir mediese toetse.
Suidooster
Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie
Maandag, 19 October
Siya neem ’n standpunt in, terwyl Justin uitvind van Frankie en Riaan se partytjie. Gary ontdek ’n manier om nader aan Claire te beweeg, en Mike wroeg oor sy reëlings vir die reünie.
Dinsdag, 20 October
Siya besluit hoe om die ongemaklike te hanteer, terwyl Gary beplan om Claire uit te vra. Angie is afgehaal wanneer Wade vir Lee-Ann vra om hom na ’n spesiale geleentheid te vergesel.
Woensdag, 21 October
Siya voel skuldig soos hy die pad vorentoe probeer uitwerk. Dinge tussen Gary en Claire neem ’n onverwagse wending, terwyl die kuberkrakers weer toeslaan, hierdie keer op ’n geslepe jakkals.
Donderdag, 22 October
Wade en Angie ervaar ’n teer oomblik saam. Gary word ingespan om die swendelaar wat Ruiterbosch se mense teister te ontmasker. Intussen gaan Siya uit sy pad uit om die waarheid vir almal weg te steek.
Vrydag, 23 October
Mymoena dring daarop aan dat Siya oop kaarte speel. Mike sukkel om by te hou by sy ou drinkebroer en Wade is bekommerd dat Angie verkeerde afleidings begin maak oor hulle verhouding.
Diepe waters
Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET
Maandag, 19 October
Jacques wantrou Aiden steeds na die familie ete. Liam vertrek na Hawaii. Juvan se nagtelike eskapades begin sy tol op Karla eis.
Dinsdag, 20 October
Jacques sukkel om Aiden te aanvaar. Lettie se finansiële druk neem toe. Karla se poging om ’n nuwe lewe, weg van swem af te bou, lei na konflik.
Woensdag, 21 October
Die spanning tussen Karla en Katinka bereik ‘n breekpunt. ‘n Nuwe idee skiet wortel by Henry. Jacques konfronteer Aiden.
Donderdag, 22 October
Gys en Jacques kruis swaarde oor Aiden. Lettie gee Karla perspektief. Lettie stel nie belang in Henry se voorstel nie.
Skemergrond
Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie
Maandag, 19 October
Christine word dieper in Rynard se droomtoekoms ingetrek. Lily en Genie se verhouding skuif onverwags vinnig vorentoe. Spanning dreig om alles te ontspoor.
Dinsdag, 20 October
Die Louw-susters vorder met hul plan teen Christine. Ruan skarrel om sy trots te beskerm. Haylee probeer Christine oortuig om nie na al Rynard se raad te luister nie.
Woensdag, 21 October
Almal is op hete kole oor die braai. Jasmine jok vir Wayne en sy moet dringend uitvind presies wat vir Winnie pla. Christine maak ‘n besluit oor die video.
Donderdag, 22 October
Winnie maak ‘n skokkende onthulling oor haar en Jasmine se verlede. ‘n Onskuldige gebaar deur Genie ruk die mat onder Lily en Ruan se voete uit. Christine neem ‘n groot stap.
Lees ook: Internasionale Emmy-benoemde Philipstown WireCar Grand Prix jaag hierdie November na DStv
