Werknemers van Inni Kraal in Colesberg vier 'n nasionale prys.
Werknemers van Inni Kraal in Colesberg vier die nasionale prys wat die restaurant verower het.

Restaurant op Colesberg aangewys as beste in Noord-Kaap

Werknemers van Inni Kraal in Colesberg vier 'n nasionale prys.
Werknemers van Inni Kraal in Colesberg vier die nasionale prys wat die restaurant verower het.

COLESBERG – ‘n Karaktervolle familierestaurant in Colesberg is as die beste restaurant in die Noord-Kaap aangewys. Dit is die derde jaar waarop die land se beste restaurante in die Suid-Afrikaanse Restaurant-eerbewyse gekroon word.

Eienaars Hein Piek en sy ma, Marlene, het die eerbewys vir hul restaurant Inni Kraal in Colesberg Maandag 25 Meiop die geselligheid in die Hotel Sky in Sandton in ontvangs geneem.

Inni Kraal-restaurant is die enigste restaurant in die Noord-Kaap en Vrystaat wat ‘n prys op die geselligheid ontvang het.

Inni Kraal Eienaars Hein Piek en sy ma, Marlene
Hein Piek en sy ma, Marlene, met die eerbewys wat hulle verlede week ontvang het. FOTO’S: Verskaf

Restaurante skryf in vir die kompetisie en agt restaurante in die Noord-Kaap het teen mekaar meegeding – een elk in Colesberg, Springbok en Upington en vyf in Kimberely.

Inni Kraal het op 17 Februarie 2017 sy deure in Colesberg geopen.

Hein is saam met sy ouers Marlene en Hein Piek eienaars van die restaurant. Hein sê dit was nie maklik om die historiese ou huis wat in die jare 1830 gebou is, in ‘n restaurant te omskep nie.

“Die restaurant in die historiese ou gebou, is gemik daarop om besoekers wat op die N1 tussen Johannesburg en Kaapstad reis, ‘n rukkie te laat ontspan en die gasvryheid in Colesberg te geniet.”

Inni Kraal-restaurant in een van die historiese ou geboue in Colesberg.

Een van die ou kraalmure vorm deel van die restaurant en ‘n ou krip is omskep in ‘n houtrak. “Al die ou elemente werk saam om ‘n gesellige atmosfeer vir gaste wat hier kom eet, te skep,” sê Hein.

Hy sê hulle is baie dankbaar vir dié groot eerbewys en vir gaste en die publiek wat vir dié restaurant gestem het. “Dit beteken vir ons as eienaars en vir die hele span regtig baie. Dit beteken ook baie vir die gemeenskap van Colesberg en vir toerisme in die dorp.”

Hein sê die eerbewys wys dat Colesberg as ‘n dorp sterk staan en kan kompeteer teen inige dorp of stad.

Inni Kraal in Colesberg is aangewys as die Suid- Afrikaanse Restaurant-eerbewyse se beste restaurant in die Noord-Kaap.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article