Op Saterdag, 30 Mei 2026, het verskeie netbalspelers van Primêre Meisieskool Oranje in Kroonstad aan die Vrystaat Netbalproewe deelgeneem. Hulle het met groot vasberadenheid en vaardigheid gespeel, en die toeskouers getrakteer op netbal van uitmuntende gehalte.

Die harde werk en toewyding het vrugte afgewerp. Sewe Oranje‑spelers is gekies om die Vrystaat te verteenwoordig by die All Ages‑toernooi (SA’s) wat van 28 Junie tot 2 Julie 2026 in Boksburg. plaasvind.

Oranje se Vrystaatspan‑meisies is:

  • O.13: Carla Ferreira, Lilamari de Villiers, Hanli Snyman
  • O.12: Lila Myburgh, Melienke Hoek, Liané Heckroodt, Anné Koortzen

Elke naam op hierdie lys is ’n bewys van talent, deursettingsvermoë en Oranje‑trots. Julle het gewys dat harde werk en spanlojaliteit groot beloning bring.

Foto’s verskaf

“Baie geluk, meisies! Primêre Meisieskool Oranje is ongelooflik trots op julle en wens julle sterkte toe vir die nasionale toernooi. Julle dra nie net die skool se naam nie, maar ook die Vrystaat se trots hoog!”

https://oranjeprimer.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article