Ses uitstaande La Rochelle Girls’ High School leerders is onlangs verkies tot leiersposisies in hul onderskeie Wes-Kaap netbalspanne. Dit is ’n besondere eer wat hul spanmaats en afrigters se vertroue in hul karakter, toewyding en voorbeeld bevestig.
Die nuwe kapteins en vise-kapteins:
- U14: Kiara Ismaiel – Captain (Willows Team)
- O.15: Liané Coetzee – Kaptein (Willows-span)
- O.15: Linné Retief – Kaptein (Oaks-span)
- U16: Emily McLoughlin – Captain (Willows Team)
- O.15: Eva Peterson – Vice Captain (Willows Team)
- U16: Precious Amaechi – Vice Captain (Oaks Team)
Hierdie prestasie is nie net ’n erkenning van hul sporttalent nie, maar ook van hul leierskap en inspirasie op en van die baan. La Rochelle is ongelooflik trots op elkeen van julle. Julle wys dat ware leierskap op toewyding, spanwerk en integriteit gebou word.
Mag julle die seisoen met selfvertroue en passie lei, en ander inspireer om groot te droom!






