TYDENS die afgelope skoolvakansie het sowat 76 laerskoolleerders wat deel is van die Voortrekkerbeweging nuwe vaardighede aangeleer by ’n Oos-Kaap Voortrekker Gebiedskamp op Boknes.
Leerders van graad R tot graad 7 van verskillende skole in die Oos-Kaap, asook tuisonderrig-leerlinge, wat deel is van Die Voortrekkers het onderskeidelik geleer van Bartolomeu Dias se vaart om die punt van Afrika en die Kruis wat hy op Kwaaihoek (Boknes) geplant het asook oor seeplante, seediere, sterrekunde, roeikunde, redding en noodhulp.
En soos die Voortrekkerliedjie lui, “Wat maak ’n kamp so lekker, dis koffie, pap en wors”.
Hulle kan nou sand, see en goeie vriendskappe wat gevorm word, byvoeg.





