GQEBERHA – Die Hoërskool Cillié in die Baai, wat jare lank as ‘n sterk rugbyskool bekend was, het sy fokus nou na sokker geskuif.
En in net die heel eerste gestruktureerde sokkerliga vir hoërskole is dit duidelik dat Cillié ook met die ronde bal ‘n groot faktor gaan word.
Juandré Freeman, hoof van sokker by die skool, sê dis verbasend hoe gewild die sport by die skool geword het.
Sokker word al vir meer as tien jaar by die skool gespeel, maar wedstryde was net vriendskaplik en skole moes wedstryde reël teen wie ook al hulle wou speel.
Na ‘n onderbreking weens onder meer COVID het die sport in 2021 weer begin vlamvat.
Nou in die eerste amptelike seisoen het Cillié behoorlik spiere gebult.
Die skool se drie spanne, seuns o.17, seuns o.19 en meisies o.19 het gesamentlik 86 doele aangeteken.
In totaal het Cillié se drie spanne 29 ligawedstryde gespeel, met 20 oorwinnings, drie gelykopuitslae en net ses nederlae.
Dis beslis ‘n klop op die skouer vir Freeman en Aadilah Wassin, wat in beheer van die meisiespan is.
Die onderskeie spanne se rekord is:
- Seuns o.17: Sewe ligawedstryde, vyf gewen, een gelykop, een verloor, 16 doele aangeteken, wenpersentasie van 71.4%.
- Seuns o.19: 13 ligawedstryde, agt gewen, twee gelykop, drie verloor, 19 doele aangeteken, wenpersentasie van 61,5%.
- Meisies o.19: Nege ligawedstryde, sewe gewen, twee verloor, 51 doele aangeteken, wenpersentasie van 77,8%.

LEES OOK: Gqeberha pilot Davidson claims second Air Race X championship





You must be logged in to post a comment.