Die Voortrekkers se visie vir laerskoolleerders is om hulle voor te berei om leiers van hulle eie lewe te wees en hulle voor te berei vir hulle lewe as volwassene.
Jeuglede is tydens vele spanbyeenkomste, kampe en aktiwiteite blootgestel aan verskillende onderwerpe om hulle algemene kennis te verbreed en hulle vaardighede te verbeter.
In ’n jeuglid se laaste laerskooljaar kry hulle die geleentheid om te kwalifiseer vir die Voorslagtoekenning – die hoogste toekenning wat ’n laerskoolleerder in Die Voortrekkers kan verwerf.
Dis ’n nasionale toekenning wat deur die Hoofdagbestuur toegeken word nadat hulle aan die minimumvereistes voldoen het en genooi is na ’n nasionale toetskamp.
Tydens die afgelope skoolvakansie het 12 graad 7-jeuglede van Die Voortrekkers: Oos-Kaap deelgeneem aan die nasionale toetskamp. Hier moes hulle leiding neem ten opsigte van sang, seremonies, spele en voor ’n paneel van minstens drie volwassenes ’n situasie-bespreking doen waar hul leierskap op informele wyse getoets word.
Hulle harde werk, toewyding is beloon met die Voorslagtoekenning. Brons, silwer of goud afhangende van hulle toelatingsvereistes en die finale punt wat behaal is tydens die nasionale kamp.
– UITGEREIK DEUR: KL RIANA BREYTENBACH





