Die Laerskool Altona neem afskeid van Juffrou Amoré Bosman, wat vir baie jare deel van Altona was. Sy het haar eie skoolloopbaan as jong meisie by Altona begin, en later besluit om onderwys te kies as beroep. Sy het haar goed van haar taak as Graad 1 juffrou gekwyt en in die harte van kinders gekruip. Haar hartklop is om leerders met leerhindernisse te ondersteun en te ontwikkel, sodat hulle waardig kan voel in die samelewing. Juffrou Amoré is aangestel as ’n Departementshoof van die Northern Lights Skool, ’n nuwe grondgebied om ’n verskil te maak. Foto: Verskaf


Laerskool Altona groet Juffrou Amoré

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article