MIEKE Smit van die Hoërskool Framesby en Jean-Pierre Pellissier van die Hoërskool Pearson is albei jeuglede van Die Voortrekkers in Gqeberha en het die Presidentsverkennertoekenning vir kulturele leierskap ontvang.
Lede van Die Voortrekkers in graad 12 ontvang hierdie bekroonde toekenning op nasionale vlak nadat hulle ’n deurlopende proses van leierskapontwikkeling vanaf graad 8 tot 12 voltooi het.
Jeuglede moet ook ’n goeie reputasie in hul skool, kerk en die Voortrekkerkommando handhaaf om hierdie toekenning te verwerf.
Die deurlopende Presidentsverkenner proses behels jaarlikse bywoning van kampe asook die suksesvolle voltooing van gespesialiseerde take en opdragte. Die hele proses word dan afgesluit met ’n nasionale teoretiese eksamen in April en ’n finale afrondingskamp in Julie.
Mieke Smit en Jean-Pierre Pellissier het die nasionale teoretiese eksamen met lof geslaag en die Presidensverkennersproses suksesvol voltooi.
Die Hoofdagbestuur van Die Voortrekkers ken daarom aan hulle die Nasionale Presidensverkenner toekenning vir kulturele leierskap toe wat op Vrydag 26 Augustus tydens ’n spoggeleentheid aan hulle oorhandig is.
– UITGEREIK DEUR SONJA BARRY





