Agter van links is Jonèll Botha, Elmé Botha, Tiaan Erskine (almal is klublede van die Nelson Mandela Universiteit) en afrigter Charlie Koen. Voor van links is Lincoln Kuneke, Bjorn Visser, Tamlyn Heyman en Esri Le Grange (almal van die Hoërskool Framesby).Foto: VERSKAF


DIE atlete van afrigter Charlie Koen het onlangs aan die OP-kampioenskappe en Oos-Kaap Skole kampioenskappe deelgeneem. Hulle het uitstekend gevaar in hamergooi en is beloon vir hul intense en gereelde oefening.

Die atlete het soos volg gevaar:

  • Jonèll Botha: o.23 OP kampioen
  • Elmé Botha: senior OP kampioen, ook met ’n OP rekord en persoonlike beste afstand van 58,80 meter
  • Tiaan Erskine: OP senior kampioen
  • Lincoln Kuneke: o.15 Oos-Kaap Skole kampioen
  • Bjorn Visser: o.15 OP kampioen
  • Tamlyn Heyman: o.16 Oos-Kaap Skole kampioen
  • Esri Le Grange: tweede plek o.18 Oos-Kaap skolekampioenskappe

Al die genoemde atlete is in die OP en Oos-Kaap skolespanne opgeneem om later aan die onderskeie SA byeenkomste deel te neem.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article