Die Hoërskool Pearson in Gqeberha het onlangs sy splinternuwe en moderne musieksentrum geopen.

Ná jarelange beplanning aan dié sentrum, het konstruksie eindelik verlede jaar begin.

Die opening was ‘n trotse oomblik vir al die belanghebbendes wat ‘n rol gespeel het om dié droom van die skool te bewaarheid.

Pearson se musieksentrum beskik oor ‘n ouditorium-ruimte met moderne afwerkings en akoestiek, met sitplek vir meer as 250 gehoorlede.

Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article