Die slaggat word voorberei. Foto’s: Verskaf


AFRIFORUM se Walker Drive-buurtwag het op 7 Julie verskeie slaggate in Sherwood, Gqeberha opgevul.

Daar is ongeveer een ton teer gebruik om al dié slaggate op te vul. Dit volg nadat verskeie motors se bande beskadig is.

Wikus van der Walt, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Kaap, het gesê, “Hierdie buurtwag is toegewyd aan die verbetering van die stad se padnetwerk en die veiligheid van die gemeenskap. Motoriste kan nou met gemoedsrus dié paaie in Sherwood gebruik. In hierdie uitdagende tye kan ons, deur saam te werk, ’n daadwerklike verskil maak. “Deur slaggate op te vul, wys ons ons vasberadenheid om ons gemeenskap se behoeftes te takel en ’n veilige omgewing vir almal te skep. Die Walker Drive-buurtwag waardeer die samewerking en ondersteuning van die gemeenskap gedurende hierdie projek. Dít is weer eens ’n bewys van die gemeenskap se toewyding aan hul omgewing.”

AfriForum se Walker Drive-buurtwag moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak. Vir meer inligting, skakel Wikus van der Walt by 066 486 7611.

-UITGEREIK DEUR AFRIFORUM

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article