DIE Oos-Kaap se kragoptelatlete het onlangs aan die SA-kampioenskapsbyeenkoms in Potchefstroom deelgeneem en het met vyf goue, vier silwer en een brons medalje, asook drie nuwe SA rekords teruggekeer na Port Elizabeth.
Vroue
In die onder 47kg-afdeling, sub-junior, het Patricia Harding ’n goue medalje verower en word as algehele sub-juniorkampioen gekroon. Haar hurksit van 85kg, borsopdruk 40kg en dooiegewig 105kg is ook OP-sub-junior en -junior rekords.
In die onder 63kg-afdeling, junior, het Samantha Harding ’n silwer medalje verower. Haar dooiegewig van 137.5kg is ook ’n OP-rekord.
In die onder 52kg-kategorie, senior, het Elisabeth Barry ’n silwer medalje verower. Sy het ook in die Meester 1-afdeling deelgeneem en is gekroon as SA-kampioen.
Sy het die OP-senior en Meester 1-rekords in die hurksit van 127.5kg en dooiegewig van 132.5kg verbeter.
Mans
In die onder 66kg-afdeling, subjunior, het Devean Frost ’n goue medalje verower terwyl Awogiwe Nojaholo ’n silwer medalje verower het. In die onder 74kg-afdeling, subjunior, het Tomothy Scott ’n sesde plek behaal.
In die onder 74kg-afdeling, senior, het Wonga Jola ’n silwer medalje verower en die borsopdruk na 155kg verbeter. In die onder 93kg-afdeling, senior, het Eben Booyens ’n silwer medalje gekry. Booyens se 216kg borsopdruk was ook ’n nuwe OP- en SA-rekord.
Francois Vercuil het ’n brons medalje ook in die onder 93kg-afdeling gekry.
In die onder 93kg-afdeling, Meester 1, het Steve Harding ’n goue medalje verower.
In die onder 120kg-afdeling, Meester 3, het André Ludik ’n goue medalje behaal en is as Algehele Meester 3-kampioen gekroon.





