NETWERK24 is die plek om te wees as jy op stemdag en die dae daarna al die verkie-singsnuus van minuut tot minuut – in Afrikaans – wil kry.

Die digitale nuusdiens gaan op 8 Mei, wanneer Suid-Afrikaners vir die sesde keer hul kruisies in ’n demokratiese ver-kiesing trek, heeldag lank regstreeks uit alle hoeke van die land verslag doen. Die landwye span, bygestaan deur joernaliste van Media24 se gemeenskapskoerante, sal seker maak dat lesers ingelig bly met nuus en video’s vanaf die stempunte.

Die regstreekse dekking gaan dwarsdeur die nag en ook in die dae daarna voort, na-mate die verkiesingsuitslae bekend gemaak word. Netwerk24 het ’n span by die OVK se nasionale uitslagsentrum en dié span sal lesers help om sin te maak van die uitslae en die implikasies daarvan.

Hoe kom jy by al hierdie nuus uit? Op die webwerf en in die app word die verkiesings-nuus van die oomblik in die hoof- nuusstroom op die tuisblad gedra, maar jy kan ook nou reeds al die berigte, video’s en podsendings in die aanloop tot die verkiesing alles saam in die spesiale verkiesingsgids bo-aan die tuisblad kry. Daar is ook ’n oorsig van die belangrikste politieke partye wat aan die verkiesing deelneem.

Nadat die stembusse op 8 Mei gesluit het, sal jy, namate die uitslae bekend word, op ’n interaktiewe kaart kan volg hoe dit nasionaal, vir elke provinsie, munisipaliteit en in jou eie stemdistrik ontvou.

As jy nog nie ’n Netwerk24-intekenaar is nie, gaan op jou rekenaar of slimfoon na www.netwerk24.com en registreer vir jou gratis proeftydperk van 30 dae. Of jy kan die Netwerk24-app op jou slimfoon aflaai. As jy reeds ’n app-gebruiker is, maak seker jou app is opgedateer na die jongste weergawe.

  • ’n Netwerk24-intekening kos net R99 per maand.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article