Want to comment on posts, engage with fellow readers, and submit stories, letters, feedback and more?
News
-
Wellington-DBV neem meeste aan
Fielies, ’n geliefde hond wat deur die Wellingtonse Dierebeskermings-vereniging (DBV) ingeneem en gerehabiliteer is, is een van die gelukkige honde wat die afgelope maand ’n permanente tuiste gekry het.
-
Loop lig vir dié skerpioene
Hoe dikker sy stert, hoe giftiger is sy steek. Só beskryf dierekenners die giftige Parabuthus Granulatus, oftewel rowwe-dikstert-skerpioen, wat die afgelope tyd sy verskyning in huishoudings in Wellington en die Paarl gemaak het.
-
Lyk deur kanovaarders in Bergrivier gevind
Die lyk van ’n man is Maandagoggend (5 Februarie) vroeg deur kanovaarders in die Bergrivier in die Paarl ontdek.
-
‘Geen krag vir amper agt jaar’
Inwoners van die New Rest- informele nedersetting in Wellington sê ten spyte van die hof wat in 2016 teen ’n uitsettingsbevel van die Drakenstein-munisipaliteit beslis het, wag hulle nou al bykans agt jaar vir die gebied om elektrisiteit te ontvang.
-
3 mans beroof Wellington-poskantoor
Die polisie in Wellington is op soek na drie gewapende rowers wat Donderdag (1 Februarie) by die Wellington-poskantoor toegeslaan en met sowat R3 000, twee selfone en ’n skootrekenaar weggekom het.
-
‘Gebroke radio’s kan lewens eis’
Die DA in die Wes-Kaap sê dit is kommerwekkend om te verneem dat die polisie se radiostelsel aan die einde van Januarie vir amper ’n week nie gewerk het nie en beamptes WhatsApp moes gebruik om noodgevalle met mekaar te…
-
Wellington-grafte in visier; riool loop in straat
Wellingtonners wie se geliefdes in een van die dorp se oudste begraafplase in Bloekomlaan begrawe is, het ’n dringende beroep op die Drakenstein-munisipaliteit gedoen om hier in te gryp te midde van grafte wat gevandaliseer word en die algemene agter
-
Vredenburg ondersoek seksklag teen De Villiers
Vredenburg se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe ondersoek ’n saak van seksuele aanranding teen die voormalige Springbok-afrigter Peter de Villiers.
-
Nóg ’n rondloper-bobbejaan in Paarl-omgewing gewaar
Cape Nature sê hy ondersoek bewerings op sosiale media oor ’n rondloper-bobbejaan wat glo Maandag (5 Februarie) naby die Bergendal-kompleks in Klein Parys in die Paarl gewaar is.
-
Cape Nature loods ondersoek na nóg ’n brand in Bainskloof
CapeNature het die bal by die polisie aan die rol gesit om ’n strafsaak weens brandstigting aanhangig te maak nadat ’n brand laat Sondagmiddag (4 Februarie) in Bainskloof uitgebreek het.










