Renee Fredericks (56) Dinsdag (27 Oktober) haar stryd teen kanker verloor.
Renee Fredericks (56) het Dinsdag (27) haar jare lange stryd teen kanker verloor. Foto: Verskaf

Groot verlies ná borskanker besondere Paarlse ma en bakker eis

Renee Fredericks (56) Dinsdag (27 Oktober) haar stryd teen kanker verloor.
Renee Fredericks (56) het Dinsdag (27) haar jare lange stryd teen kanker verloor. Foto: Verskaf

’n Paarlse man wat oorsee werk, is dankbaar dat hy betyds huis toe kon kom om sy ma se laaste dae saam met haar deur te bring.

Virgil Fredericks (41) het verlede Maandag (19 Oktober) uit Amerika teruggekeer nadat sy ma, Renee Fredericks (56), se gesondheid weens kanker verswak het.

Renee is Dinsdag (27 Oktober) om 03:25 tuis oorlede, ná ’n byna twee jaar lange stryd teen borskanker wat mettertyd na haar bene en longe versprei het.

Virgil is ‘n verpleër op Virgin Voyages se passasierskepe. Hy het sy ma ses maande laas gesien.

“Een van my ma se grootste vrese was dat ek nie tuis sou wees as iets met haar gebeur nie. Ek is so dankbaar dat ek betyds tuis was. Ek kon aan haar sy wees, haar ondersteun en elke tree van die pad saam met haar stap, tot op haar heel laaste oomblik,” sê hy.

Renee was 37 jaar lank met Lewellyn Fredericks (59) getroud. Sy laat hom, hul kinders Virgil, Veronique Solomons (31) en Macneill Fredericks (28), asook haar kleindogter, Autumn Solomons (7), agter.

Virgil sê sy ma het haar kinders geleer om ander met respek en deernis te behandel. Geloof was ’n belangrike deel van haar lewe, en sy het na haar eie ouers omgesien tot hul dood.

Haar pa, Richard Gordon, en skoonseun, Ryan Solomons, is in 2020 oorlede. Haar ma, Sophie Gordon, en skoonsuster, Rosetta Gordon, is in 2024 dood, gevolg deur haar broer, Donavan Gordon, in 2025. Haar suster, Lindsay Hendricks (53), oorleef haar.

Virgil sê sy ma het ook na haar broer se kind, Robin Gordon, omgesien toe hy versorging nodig gehad het.

In die gemeenskap was Renee bekend vir haar koeksisters, samoosas, pasteie en ander soutgebak. Sy het volgens haar seun die baktradisie van haar ma voortgesit en ’n getroue klantebasis opgebou.

Een van die mooiste herinneringe wat Fredericks van sy ma het, is hoe sy hom elke keer by die lughawe gaan haal en sy gunstelling-kosse voorberei het wanneer hy uit die buiteland teruggekeer het.

“Dit het nie saak gemaak hoe gereeld ek gereis het nie; sy het dit elke keer gedoen. Dit was haar manier om te wys dat ek altyd welkom is en altyd ’n huis het om na terug te keer,” sê hy.

Hy sê hy sal sy ma as sy vriendin, beskermer en mentor mis.

“Sy het soveel rolle in my lewe gespeel, en ek dink nie ’n mens kan jou ooit werklik vir so ’n verlies voorberei nie,” sê Virgil.

LEES OOK: Hoop op herstel maak plek vir hartseer

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article