Die R45 aan die Paarl se kant moes Maandagaand (19 Oktober) vir verkeer sluit na ‘n botsing reg van voor.
Volgens Kurt Maske, ‘n plaaslike paramedikus, was daar twee voertuie betrokke in die ongeluk.
“Dit het omstreeks 19:30 by die Paarl Vaardigheidskool gebeur. Daar was verskeie nooddienswerkers op die toneel.”
Hy sê daar was vier mense in die ongeluk wat mediese hulp op die toneel ontvang het.
“Daar was twee mense met ernstige beserings en twee met ligte beserings.”
LEES OOK: Drie ernstig beseer in botsing op R45 buite Wellington
Thembakazi Mpendukana, woordervoerder vir die polisie in die Wes-Kaap het bevestig dat die ongeluk in die rigting van Simondium gebeur het.
“Die Paarl-polisie het ‘n saak van roekelose en nalatige bestuur geopen ná ‘n botsing reg van voor wat op Maandag (19 Oktober) plaasgevind het.”
Hoewel die oorsaak van die ongeluk nog vasgestel moet word, verduidelik Mpendukana dat “geen arrestasies gemaak is nie en dat die ondersoek voortduur.”




