Die ongelukstoneel op Du Toitskloofpas Dinsdagmiddag (4 Augustus). Foto: One-Way Towing/Car-Towing Services

Pad gesluit ná gru-ongeluk naby ou tonnel

Die ongelukstoneel op Du Toitskloofpas Dinsdagmiddag (4 Augustus). Foto: One-Way Towing/Car-Towing Services

PAARL – Verkeer op die R101 by Du Toitskloofpas aan Worcester se kant van die ou tonnel is Dinsdagoggend (4 Augustus) tot stilstand gebring ná ‘n grusame ongeluk.

Muneera Allie, woordvoerder vir Mobiliteit Departement in die Wes-Kaap, het die tragiese ongeluk bevestig.

“Ons bevestig dat ‘n botsing tussen drie swaar motorvoertuie en een ligte afleweringsvoertuig vanoggend omstreeks 11:30 op die R101 by Du Toitskloof plaasgevind het. Ongelukkig is drie sterftes bevestig.”

Volgens Allie is die pad heeltemal gesluit terwyl nooddienste en wetstoepassing voortgaan met reddings- en ondersoekoperasies.

“Motoriste word aangeraai om alternatiewe roetes via die N1 deur die Hugenote-tonnel, die N2 via Sir Lowry’s Pass, of die R46 via Nuwekloof Pass te gebruik. Ons doen ‘n beroep op alle padgebruikers om geduldig te wees, die aanwysings van amptenare op die perseel te volg en uiters versigtig in die gebied te wees.”

Konst Ndakhe Gwala, woordvoerder vir die polisie in die Wes-Kaap, het in tussen ook die ongeluk bevestig tussen die drie vragmoters, ‘n afleweringsbakkie en ‘n ligte voertuig.

“Drie mense wat in die afleweringsbakkie was, is op die toneel dood verklaar, terwyl een persoon wat in een van die vragmotors was, geringe beserings opgedoen het en na ‘n mediese fasiliteit vervoer is.”

Gwala sê ‘n strafbare manslag dossier is geopen en die ondersoek duurvoort deur die Paarl-polisie.

  • Die artikel is aangepas sedert dit die eerste keer gepubliseer is.
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article