Nuus
-
Skietvoorval in Kuilsrivier se hoofweg vermoedelik bendeverwant
‘n 30-jarige man is in sy Mini Cooper doodgeskiet. Volgens getuies het ‘n onbekende verdagte op die slagoffer gevuur toe hy by die kruising stilgehou het.
-
CapeXit verkla Stellenbosch-munisipaliteit oor Botmaskop
Die Cape Independence Party (CapeXit) het strafregtelike klagtes teen die Stellenbosch-munisipaliteit ingedien in verband met die omstrede luukse Botmaskop-ontwikkeling.
-
Vrouemoord veroordeel, “Duiwel” verskyn in hof
“Ons sien die waarskuwingstekens, maar ons het nie die blitsreaksie-meganisme om die nodige ondersteuning te gee nie. Naweke is veral die ergste en ons moet die beskermingsbevel-stelsel versterk.”
-
Die ‘Weasel’ met die hart van goud
Dit is nie cool om ander kinders te boelie, dwelms te gebruik of om ‘n gangster te wees nie. Dis die boodskap wat Mark Beale aan kinders oordra.
-
Kroonstad-boer die Lamb Champs-kampioen
Die Noord-Vrystaat vier fees nadat ‘n boer uit die Kroonstad-distrik vanjaar as die nasionale Lamb Champs-kampioen gekroon is. Hennie Jonker van Zorro Hampshire Down-stoetery buite Kroonstad het die afgelope naweek…
-
Drakenstein-munisipaliteit verander standpunt oor Bainskloofpas-mosie
Die Drakenstein-munisipaliteit het besluit om ‘n skrywe te rig aan die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit oor die Bainskloofpas se misbruik deur vragmotors, nadat die munisipaliteit ‘n aanvanklike mosie hieroor verwerp het.
-
Erfenismonument weerloos teen weerlig nadat diewe ligafleier verwyder
FOCHVILLE – Die Danie Theron-gedenksuil langs die N12 naby Fochville het die jongste slagoffer van toenemende erfenismisdaad geword nadat diewe die koper weerligafleierkabel van die historiese monument afgesteel het. Die diefstal…
-
Openbare orde-polisie maak vordering in stryd teen misdaad
Die openbare orde-polisie-eenheid (Pops) in die Kaapse Wynlande het die afgelope paar weke groot vordering gemaak deur misdaad in dié gebied in sy spore te stuit. Kapt. Basil Seekoei, ‘n…










