Nuus
-
Veldbrand naby Drakenstein-gevangenis deur sterk winde aangewakker
Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit asook die Drakenstein-munisipaliteit se brandweer is ontbied na ‘n veldbrand langs die R301, wat deur sterk wind en digte plantegroei bemoeilik word. Geen strukture is geraak nie.
-
Bloemfonteinse pa van twee ernstig beseer op plaas in Amerika
‘n Bloemfonteinse gesinsman word met ernstige beserings in ‘n hospitaal in Amerika behandel ná ‘n ongeluk.
-
Familie vra dat hooggeregshof vir Chanelle Plaatjies-moordsaak in die Paarl sit
Die familie van die vermoorde 16-jarige Chanelle Plaatjies sê hulle gaan ’n versoek aan die provinsiale direkteur vir openbare vervolging in die Wes-Kaap rig en vra dat die hooggeregshof in…
-
Eskom se nuwe slimmeter-program bied R90 maandelikse krediet
Eskom bied R90 maandelikse elektrisiteitskrediet aan slimmeter-gebruikers wat help om kragverbruik tydens spitstye te verminder.
-
KYK | ‘Ons kry jou veilig daar’ – heldhaftige paramedici bring hoop aan siek dogtertjie
In niks minder as ’n heldedaad nie het plaaslike paramedici blitsvinnig ingetree om ’n 10-jarige kind in die finale fase van nierversaking uit die Oos-Kaap na die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad…
-
Reeks inbrake ruk Franschhoek; gemeenskap weet glo wie is betrokke
Franschhoek ervaar ’n reeks inbrake wat gasteplase teiken. In die jongste voorval op Courchevel is drie gaste vasgebind terwyl rowers tegnologiese toerusting gesteel het. Die polisie ondersoek die saak.
-
Hardlopers geniet lekker dag by die see nadat Kaapstad-marathon afgestel word
Met die noodgedwonge afstel van die Kaapstad-marathon Sondag het hardlopers van oor die land heen die beste van ‘n slegte saak gemaak en met hul tekkies die stad rooi geverf.
-
KYK | Noord-Kaap se Katrina Esau wil die N|uu-taal lewend hou
In haar huis op die rooi sand van die Groen Kalahari hou 92-jarige Katrina Esau die antieke N|uu-taal lewendig, ’n 25 000-jaar-oue erfenis wat sy met trots beskerm.
-
Swartberg Sekondêre Skool en Caledon-gemeenskap treur na leerling se dood
CALEDON – Die Swartberg Sekondêre Skool en breër Caledon-gemeenskap is in rou gedompel nadat ‘n 17-jarige leerling Donderdag (16 Oktober) deur ‘n voertuig in Ravenstraat, Bergsig getref en op die…










