patient op a stretcher
‘n Uitstalling met nooddienste vind Vrydag 17 Oktober by Mediclinic Gariep plaas. Foto: Ter illustrasie / pexels.com

Wêreld Traumadag word elke jaar op 17 Oktober herdenk. Op dié dag word bewustheid geskep oor die ondersteuning wat aan trauma-slagoffers gebied word. Ook word die publiek ingelig oor die voorkomende maatreëls wat hulle kan volg om traumatiese voorvalle te voorkom.

Op dié dag gaan ER24 in Kimberley, in samewerking met Mediclinic Gariep, Rocket Hems, brandweer, verkeersafdeling en PathCare, ‘n uitstalling van ‘n nagebootste motorongeluk en reddingspoging aanbied.

Hulle sal ook die geleentheid hê om ‘n ER24-ambulans, sowel as die toegeruste intensiewesorgeenheid-lugambulans van Rocket Hems van nader te besigtig. Hems is die afkorting vir “helicopter emergency medical service”.

Hierdeur word die nooddienste wat in Kimberley en omgewing beskikbaar is, uitgebeeld.

Groepe kinders sal die uitstalling besoek en ‘n begeleide toer deur die hospitaal onderneem.

  • Die verrigtinge vind voor die ingang van Mediclinic Gariep in MacDougall-straat plaas.
  • Lede van die publiek word genooi om die gratis uitstalling enige tyd vanaf 12:00 tot 16:00 te besoek.

Belangrikheid van noodvoorbereiding beklemtoon

Vanjaar is die tema van Wêreld Traumadag “Learn. Act. Save lives”. Dit beklemtoon die belangrikheid van noodvoorbereiding en onmiddellike optrede in traumasituasies.

Die tema word ondersteun deur die breër doelwitte om bewustheid oor trauma te verhoog, beseringsvoorkoming deur veiligheidsmaatreëls te bevorder, en deur die langtermyn herstel van oorlewendes deur mediese en sielkundige hulp te ondersteun.

LEES OOK: Buffel karnuffel jagter tot in die hospitaal

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article