Die Vereniging van en vir Persone met Gestremdhede (APD) in die Frances Baard-distrik benodig een of twee vrywilligers om in die komitee te dien.
Belangstellendes moet ‘n voertuig kan bestuur, en soms items by mense in nood kan aflewer.
Slegs vier vergaderings per jaar vind plaas wat deur komiteelede en ander betrokkenes bygewoon word.
Belangstellendes kan Miemie Higgs by 084 555 6681 bel, of Dorothy-Anne Howitson by 082 926 5754.





