silhouette of people during golden hour
Vroue van die VLV Kuruman-tak stap die nuwe VLV-jaar as ‘n span in. Foto: Pixabay

Die Vrouelandbouvereniging (VLV) se Kuruman-tak het tot dusver ‘n suksesvolle 2025 beleef, en die bestuur doen die beplanning vir 2026, met datums vir geleenthede wat reeds vasgestel is.

Afgesien van die jarelange argivaris Bessie Kriek (92) wat nie meer in die bestuur gaan dien nie, gaan die res van die bestuurslede in hul pos voort vir die VLV-jaar van 1 Oktober 2025 tot 30 September 2026.

Kriek is in Julie as erelid erken nadat sy 65 jaar lank in die bestuur gedien het.

LEES OOK: ‘Gee jou beste’ sê VLV-lid van Kuruman ná 65 jaar diens

Tesourier Janet West neem die taak van argivaris op, maar omdat dié span glo aan die VLV van Kaapland (VLVK) se tema vir 2026, “Ons krag lê in spanwerk”, sal die res van die bestuur help om die fasette van dié amp te verrig.

VLV Kuruman-tak
Die bestuurslede van die Vrouelandbouvereniging (VLV) se Kuruman-tak is van links, voor: Hettie du Plessis-Krüger (mediaskakelbeampte), Bessie Kriek (erelid), Arina Beukes (voorsitter) en Janet West (tesourier en argivaris); agter: Zelda Lombaard (vise-voorsitter en saamroeper vir leefstyl), Lynn Nel (sekretaris), Ansie Cilliers (landbou en tuinbou), Elien Menge (openbare sake), Erika Engelbrecht (kunste en handvlyt), Alta Roets (gesondheid) en Karin van der Walt (opvoeding en kultuur). Foto: Verskaf

Die laaste drie datums vir geleenthede vanjaar is:

15 Oktober (opvoeding en kultuur), 5 November (landbou en tuinbou) en 26 November (jaarafsluiting en prys-uitdeling).

Geleenthede, met datums, wat reeds vir volgende jaar bepaal is, is:

  • 21 Januarie − gesondheid;
  • 18 Februarie − kunste en handvlyt;
  • 11 en 12 Maart − Sirkel Kalahari-konferensie, Kuruman;
  • 22 April − openbare sake;
  • 7 Mei − Sirkel Kalahari-inligtingsdag, Kuruman;
  • 20 Mei − landbou en tuinbou, asook leefstyl;
  • 24 Junie − kunste en handvlyt, asook openbare sake;
  • 22 Julie − leefstyl;
  • 20 en 21 Augustus − VLVK-kongres, Gqeberha;
  • 16 September − gesondheid en opvoeding, asook kultuur;
  • 14 Oktober − landbou en tuinbou;
  • 14 November − opvoeding en kultuur; en
  • 25 November − jaarafsluiting en prysuitdeling.

Met “Tuin tot tafel” as VLVK-projektema vir 2026 beoog die Kuruman-tak om ‘n gereelde “boeremarktafel” op vergaderings te hê waar lede mekaar se produkte kan koop. Die tak sal ook in die wins deel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article