VLV Kuruman-tak Ystervrou-trofee oorhandig
Karin van der Walt (links) en Hettie du Plessis-Krüger. FOTO: Verskaf

VLV Kuruman-tak Ystervrou-trofee oorhandig
Karin van der Walt (links) is die VLV Kuruman-tak se Ystervrou vir 2025 en het die ATKV Kalahari-tak wisseltrofee van die ATKV tak-verteenwoordiger, Hettie du Plessis-Krüger, ontvang. Van der Walt is geesdriftig by verskillende instellings betrokke. Haar bywoning van 100% van VLV-geleenthede vanjaar getuig hiervan. Verdere prestasies sluit in: tweede plek vir gebottel op die konferensie (80%) en tweede én derde plek vir masjienwerk, gevorderd, op die konferensie (onderskeidelik 85% en 84%). Karin het die VLVK-kongres in Langebaan bygewoon en aan die masjienwerk-afdeling deelgeneem. Sy het op takvlak die meeste punte hierin behaal en die trofee vir masjienwerk, gevorderd, ontvang. Sy is saamroeper vir opvoeding en kultuur, maar help ook koekies bak, foto’s neem, om die tak se aktiwiteite op Facebook te plaas en om die tak se jaarboeke te druk. FOTO: Verskaf

LEES OOK: Kalahari-vroue verower wa-vrag pryse by jaarlikse kongres

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article