Arina Beukes (voorsitter van VLV Kuruman- tak, links), Erika Ekkerd (middel) en Zelda Lombaard (vise-voorsitter). FOTO: Verskaf
Arina Beukes (voorsitter van VLV Kuruman- tak, links), Erika Ekkerd (middel) en Zelda Lombaard (vise-voorsitter). FOTO: Verskaf

Erika Ekkerd is deur die VLV Kuruman-tak as die Dankie-Persoon vir 2025 vereer. Dié eerbewys word aan iemand oorhandig wat nie aan die VLV behoort nie en ‘n groot verskil in die gemeenskap meebring.

Kuruman-inwoners ken Ekkerd as die vriendelike vrou wat by die NG Moedergemeente se kantoor gewerk het. Sy werk nou by die Mimosahof-tehuis vir bejaardes. Dié wat haar ken, sal dadelik sê dit is waar sy hoort, want sy is ‘n omgee-mens en vredemaker.

Ekkerd doen al meer as 20 jaar vrywillige werk vir die ACVV en was lank die ACVV-voorsitter, sy het ook op die bestuursraad van Heuwelsig en Mimosahof gedien. Boonop help sy altyd op vendusies, Mimosahof se basaar, met pannekoekverkope-geldinsameling en elders om geld vir die ACVV in te samel.

Ekkerd is bekend daarvoor dat sy haar middae deurbring deur ACVV-probleme uit te sorteer, ‘n bejaarde te besoek en ‘n gebed te doen vir dié wat dit nodig het. Die ACVV het haar vroeër vanjaar met ‘n Veertjie-eerbewys erken vir meer as 20 jaar vrywillige bydrae.

Op die VLV Kuruman-tak se jaar-afsluiting op 26 November het sy met die ontvangs van haar mees onlangse eerbewys John Wesley aangehaal: “Doen goed hoe jy ookal kan, waar jy ookal kan, wanneer jy ookal kan, aan soveel mense as wat jy kan, so lank as wat jy kan”. Dit is iets wat sy elke dag uitleef.

LEES OOK: VLV Kuruman-tak wys ystervrou aan: Staatmaker in een stuk gegiet

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article