Die veelkleurige Europese byvreters (Merops apiaster) is somerbesoekers in Suidelike Afrika, en wanneer die kouer maande hier begin, migreer hulle om die somer en ook hul broeiseisoen, in die suidelike dele van Europa, die Afrika-kuslyn van die Middellandse see, en dele van Asië deur te bring. Volgens statistiek is daar ongeveer 14 miljoen van dié voëlspesie, en die meeste van hulle kom in die maande vanaf Oktober tot in April suid van die Zambezi-rivier voor. Hulle vreet insekte, wat hulle ook tydens vlug kan vang. Dit is nie ongewoon om hulle in groot swerms waar te neem nie. Albertus Horn, ‘n natuurlewefotograaf van die Gamagararivier-opvangsgebied tussen Kuruman en Daniëlskuil, vertel dat hy per geleentheid so 20 van dié byvreters op ‘n slag sien en het dié foto in die omgewing van die Kuruman-heuwels geneem. Besoek sy Facebook-blad om meer van sy foto’s te sien, asook video’s van wolkformasies en weerlig. Foto: Albertus Horn Photography Credit: Foto: Albertus Horn Photography

Die veelkleurige Europese byvreters (Merops apiaster) is somerbesoekers in Suidelike Afrika, en wanneer die kouer maande hier begin, migreer hulle om die somer en ook hul broeiseisoen, in die suidelike dele van Europa, die Afrika-kuslyn van die Middellandse see, en dele van Asië deur te bring. Volgens statistiek is daar ongeveer 14 miljoen van dié voëlspesie, en die meeste van hulle kom in die maande vanaf Oktober tot in April suid van die Zambezi-rivier voor. Hulle vreet insekte, wat hulle ook tydens vlug kan vang. Dit is nie
ongewoon om hulle in groot swerms waar te neem nie. Albertus Horn, ‘n natuurlewefotograaf van die Gamagararivier-opvangsgebied tussen Kuruman en Daniëlskuil, vertel dat hy per geleentheid so 20 van dié byvreters op ‘n slag sien en het dié foto in die omgewing van die Kuruman-heuwels geneem. Besoek sy Facebook-blad om meer van sy foto’s te sien, asook video’s van wolkformasies en weerlig.
Foto: Albertus Horn Photography

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article