Daar kom tye in ons almal se lewe dat ons nie kan uitstel om sekere besluite te neem nie.
Daar kom tye in ons almal se lewe dat ons nie kan uitstel om sekere besluite te neem nie. Credit: Getty Images/iStockphoto / Getty

Daar kom tye in ons almal se lewe dat ons nie kan uitstel om sekere besluite te neem nie.

Eintlik bestaan ’n mens se hele lewe uit besluite. Van die oggend tot die aand.

Wanneer ’n mens nog klein is, neem jou ouers vir jou die besluite.

Hulle begelei en help terwyl jy jonk is, hulle ondersteun.

Namate ons groter word, besef ons dat ons soms duidelik verkeerd kies.

Die verkeerde keuse het vir ons gevolge.

Die gevolge is nie altyd lekker om te dra en te deurleef en dikwels om mee saam te leef nie.

Daarom is dit so ’n groot troos om te weet dat selfs ons verkeerde besluite vir ons ten goede meewerk.

’n Mens moet en kan dit glo.

Daar waar jy reg gekies het, het die dinge geloop soos dit moet.

Daar waar jy verkeerd gekies het, is die genade groot as ’n mens besef en weet jou verkeerde besluite is ook diensbaar, al begryp jy dit glad nie.

Die gevolge van daardie besluite wat verkeerd geneem is, is dikwels swaar en moeilik om te bestuur.

Maar dan moet ’n mens terugval op tree vir tree en stukkie vir stukkie.

Wanneer daar wel kruispaaie kom: Kies drome, kies lewe, kies verstandig.

Ons is so geneig om dit te wil kies wat maklik is, wat kortpad is, wat eenvoudig lyk, sonder stryd en sonder weerstand.

Kruispad-keuses werk egter dikwels nie so nie – dikwels moet jy nou swaar kies om vorentoe beter daaraan toe te wees.

Mag jy goeie en sterk kruispad-keuses maak.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article