Langasems tree in honderde aan vir 55ste Diamond-marathon in Kimberley

Die 24-jarige langasem-atleet Arthur Jantjies het nog ’n goue medalje verwerf met die 55ste Diamond-marathon
Die 24-jarige Arthur Jantjies is die manswenner van die marathon.

Langasems tree in honderde aan vir 55ste Diamond-marathon in Kimberley


Die 24-jarige langasem-atleet Arthur Jantjies het nog ’n goue medalje verwerf met die 55ste Diamond-marathon wat op Saterdag 1 Maart deur die Kimberley Harriers-hardloopklub aangebied is.

Jantjies, wat verlede jaar ook die 42,2 km-wedloop gewen het, het dit vanjaar in 02:22:53 voltooi. Verlede jaar het hy dit in 02:27:23 voltooi.

Hy is oorspronklik van Hopetown en is ’n lid van die Kgosi Galeshewe-atletiekklub.

Die 24-jarige langasem-atleet Arthur Jantjies het nog ’n goue medalje verwerf met die 55ste Diamond-marathon
Die 24-jarige Arthur Jantjies is die manswenner van die marathon.

Melissa du Plessis van die Kimberley Harriers het die marathon in die vroueafdeling in 03:22:14 gewen.

Tiisetso Mokhoma was tweede in die mansafdeling van die 42,2 km in 02:29:54, en Raoul Mabirimisa derde in 02:31:08. Tweede in die vroueafdeling was Denice Thomas in 03:47:07, en derde Salumi Kriek in 03:50:22.

Melissa du Plessis
Melissa du Plessis (vrouewenner van die Diamond-marathon) by Craig Neave (uitvoerende hoof van die St Patrick’s CBC Kimberley). Die 55ste Diamond-marathon is vanaf die skool se terrein aangebied.

Die wenners en naaswenners in die 21 km-wedloop is Siphiwe Mqayisa (01:11:09), Sydney Stevens (01:17:07) en Tumo Thobega (01:18:54) in die mansafdeling; en in die vroueafdeling Kerika le Roux (01:38:13), Fredré Conradie (01:49:07) en Suzanne Esterhuizen (01:55:04).

Die wenners en naaswenners in die 10 km-wedloop is Katlego Stephen Shomoleile (33:44), Jeremiah Mokae (34:44) en Kgatliso Morwe (34:47); en in die vroueafdeling Carli Nel (45:45), Tankiso Julia Lepepolisa (46:32) en Mari Els (48:55).

Ria Janse van Vuuren, sekretaresse van die Kimberley Harriers, sê die klub is baie tevrede met die 55ste Diamond-marathon, wat die tweede oudste marathon in die land is.

Boonop is die Kimberley Harriers die eerste hardloopklub wat in die Noord-Kaap gestig is. Meer as 500 atlete het vir Saterdag se wedloop ingeskryf, en het goeie tye behaal.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article