Byna elkeen van die 61 permanente inwoners van die Helen Bishop-huis moet elke dag doeke dra. Foto: Verskaf

Te danke aan Nappy Run, ‘n geldinsamelingsprojek, kon ‘n vrag doeke en pakke poeierkos onlangs by die Helen Bishop-huis in Kimberley afgelewer word.

Tans woon 61 kinders met mediese toestande, wat wissel van serebrale gestremdheid tot spina bifida, in diรฉ ortopediese tehuis, en bykans elkeen van hulle moet permanent doeke dra.

Nappy Run is ‘n jaarlikse veldtog en geldinsamelingsprojek van die Nasionale Raad vir en van Persone met Gestremdhede, waarby die Vereniging vir en van Persone met Gestremdhede in die Frances Baard-distrik (APD-FB) geaffilieer is.

Enkele van die inwoners van die Helen Bishop-huis in Kimberley. Foto: Verskaf

In diรฉ veldtog word bewusmaking geskep oor die kwessies waarmee kinders met gestremdhede te make het, en voorspraak en steunwerwing word gedoen terwyl geld ook ingesamel word om doeke vir diรฉ kinders te koop.

‘n Doek is die sentrale simbool vir die veldtog.

So bied die nasionale raad ‘n pretdraf by die Johannesburgdieretuin aan waar die inskryfgeld ‘n pak doeke is.

Byna elkeen van die 61 permanente inwoners van die Helen Bishop-huis moet elke dag doeke dra. Foto: Verskaf

“Alle kinders verdien liefde, lewensgehalte, die gevoel van behoort en om in die samelewing ingesluit te word.

“Ongelukkig is dit nie altyd die werklikheid vir kinders met gestremdhede nie”, sรช Dorothy-Anne Howitson, sekretaresse en woordvoerder van APD-FB.

“Baie gestremdhede veroorsaak inkontinensie en kinders met gestremdhede het ‘n groter behoefte aan doeke en vir langer tydperke, en moet dikwels doeke tot in hul tiener- en volwasse jare gebruik.”

Met die samewerking van die Kimberley-Rotaryklub en Advance Transport, is die vrag doeke en pakke poeierkos by die tehuis in Kimberley afgelewer.

Namens die vereniging en belanghebbendes bedank Howitson almal wat ‘n bydrae gelewer het.

Die aflewering van die doeke en poeierkos is deur Advance Transport gedoen. Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article