NovaNews

PAS BEKEND | Vyf mense vermis ná modderstorting by Ekapa-myn by Kimberley

Vyf glo vermis ná modderstorting by Ekapa-myn.
Vyf mense is glo vermis ná ‘n modderstorting by Ekapa-myn. FOTO: ekapa.com

‘n Modderstorting het oornag by die Ekapa-myn by Kimberley plaasgevind, met vyf mense wat volgens bronne vermis word. Reddingspanne is vroegoggend op Dinsdag 17 Februarie by die Ekapa-myn ontplooi.

Nuus van die storting het om 06:00 bekend geword. Die voorval het by die Joint Shaft gebeur, wat tussen die Du Toitspan- en Bultfontein-myn geleë is.

Die soektog na die vyf mense is steeds aan die gang.

Dié ramp volg nadat die myn onlangs honderde werksgeleenthede moes sny weens swak diamantpryse. Dit dra tot die oorblywende werkers se onsekerheid oor die toekoms by.

  • Meer inligting sal bygewerk word sodra dit ontvang word.
Die modderstorting het by Joint Shaft plaasgevind. FOTO: ekapa.com

LEES OOK: Diamond market crisis far-reaching: Employees picket amid financial battles

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article