PAS IN | Noord-Kaapse regering help Ekapa-families met geldelike bydraes

Ekapa-mynramp
Dr. Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, by die bidsessie. FOTO: Charné Kemp

Die Noord-Kaapse regering gaan aan elke gesin van die vyf vermiste Ekapa-werkers, wat op 17 Februarie ná ‘n ondergrondse modderstorting in die myn van Ekapa Minerals vasgekeer is, R10 000 skenk.

Dit is op Vrydag 6 Maart in Kimberley tydens ‘n bidsessie saam met die familielede deur die premier van die Noord-Kaap, dr. Zamani Saul, aangekondig. Die vyf families en regeringsamptenare was teenwoordig.

Annetjie Kruger praat namens die families. VIDEO: Charné Kemp

Elkeen van die meer as ‘n 1 000 werkers van Ekapa wat hul inkomste weens die myn se voorlopige likwidasie kwyt is, gaan ‘n koopbewys van R3 000 ontvang – in totaal ‘n bydrae van meer as R3 miljoen.

’n Grootskaalse soek-en-reddingspoging is sedert die modderstorting steeds by die Du Toitspan-myn van Ekapa Minerals aan die gang. Massas water en modder belemmer die poging.

LEES OOK: Ekapa-likwidasie: Werknemers voel oorgelaat aan eie lot; pensioene bevries

LEES OOK: Kimberley-myn redding | Massa water bemoeilik reddingspoging

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article