NAMAKWA-DISTRIK – Die 47-jarige bestuurder van ‘n voertuig wat na bewering onder die invloed van alkohol bestuur het, asook sy ses passasiers wat buitelandse burgers sonder geldige dokumente is, is op die N7 naby Steinkopf in hegtenis geneem.
Hulle is die afgelope Sondag kort voor 10:00 in hegtenis geneem deur polisielede van die Namakwa-distrik wat met roetinepatrollies besig was. Nรก die polisielede die wit Toyota Corolla op die N7 tussen Springbok en Steinkopf voorgekeer het, het hulle tekens van dronkenskap by die motorbestuurder opgemerk. Hy is in hegtenis geneem.
Verdere inspeksie het tot die ontdekking gelei dat sy ses manlike passasiers buitelandse burgers sonder geldige dokumente is. Hulle ouderdomme is vanaf 22 tot 35 jaar. Die ses individue is in hegtenis geneem vir beweerde oortredings van immigrasiewetgewing.

Die distrikskommissaris van Namakwa, brigadier Schalk Andrews, het die vinnige reaksie van die polisielede geprys en opregte waardering uitgespreek teenoor lede van die publiek wat waaksaam bly en voortgaan om waardevolle inligting met die polisie te deel.
“Gemeenskapsbetrokkenheid bly noodsaaklik in die stryd teen misdaad. Die inligting wat deur lede van die publiek verskaf word, stel die polisie in staat om vinnig op verdagte aktiwiteite te reageer en gepaste stappe te doen teen diegene wat die wet verontagsaam,” sรช Andrews.
Die polisie in die Namakwa-distrik doen ‘n beroep op gemeenskapslede om waaksaam te bly en enige verdagte aktiwiteite of vermoedelike misdadige gedrag by die polisie aan te meld. Inligting kan anoniem verskaf word via die Stop Misdaad-hulplyn by 08600 10111 of deur middel van die MySAPS-toepassing. Alle inligting wat ontvang word, sal met vertroulikheid hanteer word, sรช kaptein Ivan Magerman, kommunikasie-offisier van die Namakwa-distrik.
LEES OOK: Five accused appear in court over R100 million drug lab in Krugersdorp
In hegtenis vir dwelmhandel
In ‘n onverwante voorval in die Namakwa-distrik is ‘n 43-jarige man van Hondeklipbaai in hegtenis geneem vir dwelmhandel.
Dit volg nรก lede van die polisie op 12 Oktober omstreeks 22:40 ‘n huis in Yankee John-straat deursoek het nรก hulle ‘n lasbrief ontvang het. Tydens die deursoeking is sakke en koffiebottels gevind wat dagga van hoรซ gehalte bevat het. Dit het ‘n geskatte straatwaarde van R10 000. Die dagga, asook kontant wat vermoedelik die opbrengs van dwelmhandel is, is ook in beslag geneem.
Die verdagte word van dwelmhandel aangekla en sal in die Garies-landdroshof verskyn, sรช Magerman.
Dagga tydens deursoeking gevind
ZF MCGAWU-DISTRIK – Dagga met ‘n geskatte straatwaarde van R133 500 is deur die polisie in beslag geneem, en ‘n 40-jarige buitelandse man is tussen Keimoes en Kakamas vir die besit hiervan in hegtenis geneem.
Dit volg nรก lede van die polisie ‘n silwer Renault op Dinsdag 13 Oktober omstreeks 14:00 by ‘n voertuigkontrolepunt voorgekeer het, en tydens deursoeking verskeie sakke dagga ontdek het wat in die voertuig versteek was.






You must be logged in to post a comment.