Die 17-jarige Aiden Mowers, wie “alle moed” en ‘n positiewe ingesteldheid gehad het, is Vrydag 13 Maart kort nรก 07:00 in die Mediclinic Upington oorlede.

Aiden is in September 2024 met testikulรชre kanker diagnoseer. Hy het kort daarna chemoterapie in ‘n siklus van ses weke vir ‘n week lank by die Lenmed-hospitaal in Kimberley ontvang, en tussendeur onderskragingsdosisse in Upington. Elke keer, met sy weeklange behandeling in Kimberley, is hy deur sy ouers, Jacques en Veronica Mowers, vergesel.

Aiden Mowers
Maart 2025: By die 16-jarige Aiden Mowers in die onkologie-eenheid van die Lenmedi-hospitaal is van links Michaeal Wynne van Kraaifontein, Ambrocious Steven Sephapo, sy oom, en Jacques Kenneth Mowers en sy vrou, Veronica, Aiden se ouers. FOTO: Helena Barnard

Veronica vertel dat dit so goed met sy behandeling gegaan het, en dat die kankertelling afgeneem het.

Vir Aiden was dit ‘n mikpunt om terug te keer skool toe – hy was ‘n graad 11-leerling aan die Hoรซrskool S.C. Kearns in Louisvale-weg in Upington. Maar weens sy verswakte immuniteitstelsel was hy baie vatbaar vir siektes en vroeรซ kankerverspreiding om sy bekkengordel het boonop sy mobiliteit aangetas. Dit kon ‘n uitdaging op die skoolterrein wees.

Steeds het hy nie moed opgegee nie. ‘n Loopraam wat hy in verlede jaar bekom het om hom oor die weg te help, het hy nรก ‘n paar weke eenkant gesit en op sy eie gestap.

Aiden kon egter nie verlede jaar terugkeer skool toe nie, en die plan was dat hy vanaf vanjaar tuisonderrig met behulp van die skool sou doen.

“In Februarie het dit slegter met hom begin gaan,” sรช Veronica. Donderdag 12 Maart is hy in Mediclinic Upington opgeneem waar onder meer bevind is dat sy hemoglobientelling baie drasties verlaag het, en dat die kanker sy lewer aangetas het. Hy is die volgende oggend oorlede.

Sy begrafnisdiens, waartydens hy ter ruste gelรช sal word, vind Saterdag 21 Maart om 08:00 plaas.

‘Loop mooi jongman’

‘n Gedenkdiens het reeds vir Aiden by sy skool plaasgevind, en medelye van oral word onder meer op die skool se Facebook-blad geplaas:

  • Carin Johnson: “Aiden, ‘n sterk jongman wat ‘n cancer battle moes veg. Ons as cancer pasiรซnte was baie trots op jou seun, jy het jou stryd gestry, maar God het ons vooruit gegaan. Weet familie dat u in elkeen van ons se gebede is en ons gun hom dieย rus.”
  • Adam Visser skryf: “He fought an amazing fight. Condolences to his parents and the family. The young warrior will be in a space where there is no more pain. The young warrior entered Heaven, there is no doubt about that. Loop mooi jongman”.
  • Elna Laubscher skryf: “Die foto lyk so pragtig met die ou vriendelike gesiggie. Rus veilig my maatjie ons sal jou mis by die spreekkamer.”
  • Johanna Kiewit: “You might have lost the battle with cancer young man, but in my eyes, you are a superhero, fly high”.
  • Richard Baker skryf: “My boy bestie yoh.. I will miss you forever nobody else will take your place”.ย 

Pak tweede ‘stap-en-ry-tog’ vir Aiden aan

Intussen vertrek Michael Wynne op Vrydagoggend 20 Maart per voet vanuit Kraaifontein in die Wes-Kaap om Aiden se begrafnisdiens in Upington by te woon.

Michael, by wie prostaat- en kolonkanker in remissie is, het โ€œmet genade van Boโ€ reeds tientalle โ€œstap-en-ryโ€-togte of “walk a rides” aangepak โ€“ dit ongeag die harttoestand wat in 2024 nรก โ€˜n hartaanval by hom gediagnoseer is. As ‘n afgetredene is dit sy doelwit om met liefde โ€˜n boodskap van hoop en โ€˜n pakkie aan die een wie hy ontmoet, te gee.

โ€œGeld het ek nie, maar ek kan โ€˜n verskil maak met โ€˜n praatjie, โ€˜n handdruk en โ€˜n klein gebedjie,โ€ het hy voorheen vertel.

In Maart 2025 het hy spesiaal ‘n stap-en-ry-tog na Kimberley onderneem om vir Aiden in die hospitaal te ontmoet en hom te bemoedig. Michael het op 12 Maart uit die Wes-Kaap vertrek, en op 13 Maart vir Aiden in die hospitaal ontmoet – presies ‘n jaar voordat Aiden oorlede is.

LEES OOK: โ€˜Stap-en-ry-togteโ€™ deur land bring moed aan kankerlyers

Tydens so โ€˜n stap-en-ry-tog staan Michael nie stil langs die pad nie. Hy stap totdat iemand hom oplaai, en sou die persoon geld vir die saamrygeleentheid vra, betaal hy dit.

Vrydag beplan Michael om eers ‘n draai by ‘n lewerkankerlyer van Oorlogskloof by Nieuwoudtsville te maak, voor hy die lang en reguit pad na Upington via Brandvlei en Kenhardt aanpak.

Om by diรฉ persoon by Oorlogskloof uit te kom, moet Michael van die hoofpad afdraai en 8 kilometer soontoe en 8 kilometer terug op ‘n stil en sekondรชre pad beweeg.

Hy glo iemand sal hom ook op diรฉ sekondรชre pad oplaai sodat hy betyds by Aiden se begrafnis in Upington kan uitkom.

  • Vir meer inligting oor Michael se stap-en-ry-togte, en om hom te ondersteun, skakel 076-549-6237.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article