Ongeveer 350 behoeftiges het vanjaar voordeel getrek uit die tweede “cashless shopping experience” wat deur Mediclinic Gariep in Kimberley aangebied is.
Met diรฉ kontantlose inkopie-ervaring kon minderbevoorregtes op Vrydag 18 Julie een pakkie van elke tafel kies van dit wat hulle nodig het.
Sรณ kon hulle kies tussen verskillende voedselprodukte, toiletware, mans-, vroue- of kinderklere, skoene, linne, komberse, huishoudelike produkte, en selfs boeke.

Denise Coetzee, kliรซnt-ervaringbestuurder by Mediclinic Gariep, vertel dat sy skoon bewoรซ was oor ‘n jong man se vreugde om ook boeke te kon kies. Hy het vertel dat hy enige boek wat hy in die hande kan kry, lees, maar dat hy die meeste van liefdesverhale hou.
Bewusmaking is vooraf deur personeellede van die hospitaal gedoen, en ‘n kaartjie met ‘n nommer wat as ‘n koopbewys dien, is aan 350 behoeftiges uitgedeel.
Vrydag, met die toon van die bewys, het elkeen ‘n groot inkopiesak gekry; waarnรก hulle tussendeur die tafels op ‘n deel van Mediclinic se parkeerterrein kon stap en na hartelus kon kies en keur.
“Armoede en swaarkry strek wyd,” sรช Coetzee. Sy vertel hoewel die eerste geleentheid in Oktober verlede jaar aangebied is, het hulle besluit om dit na die winter en na Mandeladag te verskuif.
Coetzee sรช dit gaan weer aangebied word.
Sy, en ander personeellede wat al hรณรฉ lank bedrywig is om al die skenkings te sorteer en verpak, is dankbaar vir die maatskappye, ondernemings en individue wat skenkings hiervoor gedoen het.







You must be logged in to post a comment.