“I noticed that volcanoes, earthquakes and floods, though are not good events, they are better than the silence of good people when bad people take the podium. The latter are to an extent uncontrollable, but the former can be stopped.” – Israelmore Ayivor, Leaders’ Frontpage: Leadership Insights from 21 Martin Luther King Jr. Thoughts
‘n Verdriet het my beetgepak. ‘n Goeie polisieman, speurder, vriend, kollega, man, seun en pa verloor sy lewe en laat ‘n intense leemte. Nog nie eens 60 nie.
‘n Goeie mens wat sterf, en ‘n misdadiger hou aan leef. Hoekom?
‘n Goeie vriendin verloor een van haar sintuie.
‘n Mens wat net lief vir ander, dierbaar en vrolik en kreatief is. Hoekom?
‘n Vriendin wat iemand vertrou het met haar huis en haard, breek dié band. Die trawante breek in en krap meer as net die vriendin se gemoed om. Duidelik het die meelopers vooraf kennis oor die sekuriteitsmaatreëls en wat te stele is. Nou is die werker werkloos, nog een in dié geliefde land van ons.
‘n Brandmaer hond met die mooiste bruin, sielvolle oë smeek met ‘n lyf bewend van die winterkoue vir kos op ‘n straathoek. Dis duidelik sy het êrens kleintjies wat haar verder uitmergel.
Benewens ‘n gebrek aan kos en water, het sy ‘n gebrek aan liefde en warmte. Deur die menseras versaak.
Sy eet die maalvleis wat ek koop in twee happe op, smeek vir nog.
Later hoor ek daar is drie sulke maer teefhonde wat oral soek vir iets om te eet.
“A dog is not a thing. A thing is replaceable. A dog is not. A thing is disposable. A dog is not. A thing doesn’t have a heart. A dog’s heart is bigger than any ‘thing’ you can ever own.” – Elizabeth Parker, Paw Prints in the Sand
My hart is in stukke.
- Lees nog rubrieke en meningstukke hier.





