Richtersveld
Vandeesweek gaan die kraaie gaap in die Richtersveld en omstreke. FOTO: Helena Barnard

Terwyl ‘n hittegolf vir etlike dae oor die westelike dele van die Namakwa-distrik en kusgebied van die Noord-Kaap, asook die westelike en suidwestelike dele van die Wes-Kaap voorspel word, word koel temperature gepaardgaande met bewolkte weer en verspreide reënbuie in die noord- en noordoostelike dele van die land en die kusgebied van KwaZulu-Natal voorspel.

Die hittegolf met volgehoue ​hoë temperature sal na verwagting Dinsdag tot Vrydag na die Klein Karoo, Sentraal-Karoo en westelike dele van die Tuinroete uitbrei. Dagtemperature sal na verwagting in die hoë 30’s en selfs hoër as 40oC draai.

Uiterse hoë brandgevaartoestande word ook oor die Richtersveld-, Nama Khoi-munisipaliteite van die Noord-Kaap, sowel as die Matzikama- en Cederberg-munisipaliteite van die Wes-Kaap voorspel, aldus die Suid-Afrikaanse Weerdiens.

Die minimum en maksimum temperature in grade Celsius wat vir onderskeidelik Maandag tot Saterdag voorspel word, is soos volg:

Kaapstad: 18-32; 22-35; 22-37; 17-34; 18-26; en 18-29.

Port Elizabeth: 18-26; 18-26; 17-27; 18-29; 18-27; en 19-26.

Durban: 18-25; 18-26; 20-27; 20-27; 21-29; en 21-31.

Polokwane: 14-25; 14-27; 17-23; 16-23; 16-24; en 16-23.

Mahikeng: 14-28; 12-28; 14-28; 15-26; 14-24; en 14-24.

Pretoria: 11-27; 12-27; 14-25; 15-23; 15-25; en 15-24.

Johannesburg: 10-25; 10-25; 12-24; 12-21; 13-24; en 14-24.

Bloemfontein: 10-27; 10-28; 11-28; 13-28; 13-28; en 13-25.

Kimberley: 15-28; 14-30; 15-30; 16-30; 17-30; en 17-26.

Upington: 20-33; 20-34; 19-35; 20-36; 20-34; en 19-31.

Springbok: 19-37; 23-39; 22-41; 16-37; 16-32; en 17-34.

Piketberg: 20-43; 23-45; 22-46; 18-45; 14-39; en 14-41.

Sendelingsdrif: 26-42; 21-42; 20-43; 22-44; 23-44; en 22-42.

May be an image of map and text that says "Weather Outlook for Tuesday, 10 March 2026
Die weervoorspellingskaart vir Dinsdag 10 Maart. GRAFIKA: Suid-Afrikaanse Weerdiens

Vanuit die Richtersveld Nasionale Park skryf Pieter van Wyk, plantkundige en kwekery- en herbariumkurator, op sy Facebook-blad dat temperature in die windstildele van dié gebied tydens hittegolwe 50oC tot 60oC ‘n meter bo grondvlak kan wees.

Die ongewone koel Januarie en Februarie het veroorsaak dat vetplante nie ten volle in somerrus gegaan het nie, en die skielike terugkeer van hitte sal nadelig vir baie organismes wees, skryf hy.

Inwoners in die gebiede wat deur die hittegolf getref gaan word, word ten sterkste aangeraai om genoeg vloeistof in te neem en vermoeiende buitemuurse aktiwiteite in die warmste deel van die dag te beperk.

May be an image of text

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article