Bloemhofdam
Die 24ste jaarlikse Bloemhofdam Bonanza vind eersdaags plaas. Foto: Facebook: Bloemhof Dorp en Dam / Wouter en Sunet Liebenberg

Bloemhofdam
Bloemhof is oor die wêreld heen by hengelaars bekend, en wêreldhengelkampioenskappe vind by die dam plaas. “As jy nog nie in Bloemhofdam visgevang het nie, het jy nog nie visgevang nie,” sê inwoners van dié Noordwes-dorp. Foto: Facebook: Bloemhof Dorp en Dam / Wouter en Sunet Liebenberg

Bloemhof is onlangs as die streekfinalis vir Noordwes en Gauteng in Kwêla op kykNET se jaarlikse Dorp van die jaar-kompetisie aangewys.

Ongeag daarvan dat die dorp onlangs (vroeg April) weer deur ‘n vloed getref is, het die gemeenskap saamgestaan en steeds voorberei om die Kwêla-span vir die maak van die TV-insetsel te ontvang.

Tydens die vloed is gastehuise, die gholfbaan, asook ander huise en geboue, oorstroom. Weens die hoë watervlak is minstens twee nasionale hengelkompetisies uitgestel.

Van die 1 500 beddens wat die gastehuise as verblyf kan aanbied, is 800 deur die vloed onbeskikbaar gestel. Tog het ‘n heropbou-poging tussen die gemeenskap en die plaaslike munisipaliteit sedertdien ‘n groot verskil gemaak.

“Ons help mekaar deur moeilike tye,” sê ‘n inwoner.

Bloemhof is oor die wêreld heen by hengelaars bekend, en wêreldhengelkampioenskappe vind by die dam plaas.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article