Sebraduifie. Foto Leon Venter
‘n Sebraduifie (“zebra dove”) van Suidoos-Asië. Foto: Leon Venter

Sebraduifie. Foto Leon Venter
‘n Onverwagse besoeker het onlangs sy innerlike versterk en vere gladgestryk by ‘n waterbak in ‘n tuin in Kimberley. “Die afgelope paar weke hoor ek die geroep, soortgelyk aan dié van die groenvlekduifie,” laat weet Leon Venter. “Terwyl ek vroeër die week in die tuin doenig was, sien ek ‘n besoeker by die waterbak. Gelukkig was hy rustig en kon ek ‘n paar foto’s van dié sebraduifie (“zebra dove“) neem. Dit is nie aldag dat ‘n besoeker van Suidoos-Asië hier duskant die Kalahari te siene is nie, maar ek aanvaar dit het uit ‘n hok ontsnap.” Sebra-
duiwe is gewilde hokvoëls, en hoewel hulle van die verre Suidoos-Asië afkomstig is, kom hulle heel dikwels in gebiede ver van hul natuurlike habitat voor. Hul roep is ‘n reeks sagte, staccato-koernote − en in Thailand en Indonesië word kompetisies met dié voëls gehou om die een met die beste “stem” te vind. Foto: Leon Venter

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article