Eunice spog met twee pryse op die ATKV-Applous-kompetisie. Hier van links is Leona Geldenhuys, Jackie Botma (waarnemende skoolhoof), Retha Visser en Anton Esterhuyse wat die pryse ontvang het namens die skool.

Die Eunice High School se Eunice Vitae Cantamus-koor het twee pryse gewen op die ATKV-Applous-kompetisie waarvan die finale ronde Saterdag 2 Augustus in Pretoria aangebied is.

ATKV-Applous is die oudste skoolkoorkompetisie in Suid-Afrika. Die finaal is vanjaar vir die 48ste keer aangebied en het vanaf 30 Julie tot 2 Augustus 2025 in die ZK Matthews-saal by Unisa in Pretoria plaasgevind.

Gedurende Mei het ATKV-Applous se streeksfeeste plaasgevind, en het die koorbeoordelaars na โ€™n fenomenale 292 kore geluister, wat meer as 20 000 hoรซr- en laerskoolleerlinge van oor Suid-Afrika en Namibiรซ heen verteenwoordig.

Eunice se Eunice Vitae Cantamus-koor op die verhoog tydens die finaal van die ATKV-Applous-kompetisie.

Verskillende afdelings het sedert 30 Julie meegeding met die Hoรซrskool-prestige-afdelings wat Saterdag plaasgevind het. Benewens die kategoriewenners in elk van hierdie kategorieรซ, is sertifikate ook oorhandig vir die beste uitvoering van โ€™n voorgeskrewe lied, die beste uitvoering van โ€™n Afrikaanse komposisie en die beste uitvoering van โ€™n Afrika-lied.

Eunice het die prys gewen vir die beste uitvoering van ‘n voorgeskrewe werk, wat die Loflied van Debora deur Niel van der Watt, was, en ook die prys vir die beste uitvoering van ‘n Afrikaanse lied – nogal merkwaardig van ‘n Engels-medium-skool. Die Afrikaanse lied wat die koor gesing het, was Anton Esterhuyse se verwerking “Op my ou Ramkietjie” in ‘n lied “Ramkieriasies”.

Algeheel het Eunice se koor tweede gekom in die Hoรซrskool Meisieskoor-afdeling met ‘n cum laude uitslag van 93,53%

Eunice spog met pryse op die ATKV-Applous-kompetisie. Hier van links is Leona Geldenhuys, Jackie Botma (waarnemende skoolhoof), Retha Visser en Anton Esterhuyse wat die pryse namens die skool ontvang het

Die Hoรซrskool Menlopark was die wenners van die Hoรซrskool-prestige-afdeling vir gemengde skole; Hoรซrskool Stellenberg was die meisies-wenners van die Hoรซrskool-prestige afdeling en Afrikaans Hoรซr Seunsskool was die seunswenners in die Hoรซrskool-prestige afdeling.

Hoรซrskool Ferrum was die wenner in die afdeling vir beste uitvoering van ‘n Afrika-liedjie.

Volgens Corneli Quinn, ATKV-Applous-projekorganiseerder, is โ€™n skoolkoorkompetisie soos ATKV-Applous van sleutelbelang. Sy beklemtoon dat hierdie vooraanstaande kompetisie โ€œhoรซ standaarde in klankuitvoering, musikaliteit en interpretasie inspireer. Kore word aangemoedig om hul tegniek te verfyn, met repertoire te eksperimenteer en saam te werk om gepoleerde optredes te lewerโ€.

Daarbenewens, sรช Quinn, bevorder โ€™n kompetisie soos ATKV-Applous lewensvaardighede soos dissipline, deursettingsvermoรซ en spanwerk. Die koorlede leer verantwoordelikheid en veerkragtigheid. By ATKV-Applous word die kore ook aangemoedig om musiek in inheemse tale, tradisionele liedere รฉn kontemporรชre werke te sing. Sodoende word kulturele erfenis bewaar en gevier terwyl diversiteit en inklusiwiteit bevorder word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article