Die jaarlikse Ysbeerswem-geleenthede word weer eersdaags, en oor ‘n aantal weke, by verskillende liggings oor die land heen aangebied.
Eerste aan die beurt, op 27 Junie, is Aldam in die Willem Pretorius-reservaat naby Ventersburg. Dit word verwag dat die temperatuur van dié dam se water ongeveer 9 °C sal wees, met buitetemperature van nagenoeg 18 °C.
LEES OOK: Swem dié winter soos ‘n ysbeer en maak hulporganisasies se harte warm
Op 4 Julie word by Doringbos buite Bloemfontein geswem.
Die volgende geleentheid, waar sneeu al tydens die swemmery beleef is, is op 11 Julie by Rogge Cloof buite Sutherland.
Op 18 en 19 Julie durf swemmers by Victoria-baai en Santos in Mosselbaai die water aan, en op 25 Julie word die eerste ysbeerswemgeleentheid by Groot Brak aangebied.
Dit is ‘n jaarlikse geldinsamelingsgeleentheid vir verskeie liefdadigheidsorganisasies en word met die ondersteuning van Goldco Spares aangebied.
Op van die geleenthede kan nagswem plaasvind, asook verskeie ander aktiwiteite.
- Besoek Polar Bear / Ysbeerswem op Facebook vir meer inligting, of skakel 082 851 4584.



