Inwoners met Alzheimer se siekte van die Mimosahof-tehuis vir bejaardes in Kuruman se gesig het behoorlik opgehelder met die ontvangs van vroetelvoorskote en -handskoene.
Dit is oorhandig as deel van ‘n projek van die Kuruman-tak van die Vrouelandbouvereniging (VLV). Volgens Alta Roets, sameroeper vir gesondheid van die VLV Kuruman-tak, vat die projek hande met die Vrouelandbouverening van Kaapland (VLVK) se projek vir 2025: “Bejaardes maak saak.”

Die sensoriese stimulasie wat hierdie soort artikels inhou, hou die bejaardes besig en verbeter gevolglik hul gemoed.
Terwyl die bejaardes van Mimosahof hul vroetel-voorskote en -handskoene laat in Maart ontvang het, was op die Mimosahof-gemeenskapsbasaar vroeรซr in Maart by die NG Ooggemeente in Kuruman verskeie kerke en instellings betrokke om geld vir die tehuis in te samel. Die VLV Kuruman-tak het oudergewoonte die poedingstalletjie behartig, wat groot aftrek gekry het.
Meer as R240 000 is ingesamel, wat van dag tot dag broodnodig is vir die tehuis.







You must be logged in to post a comment.