Die Noord-Kaap is groen, te danke aan baie reën.
Met oorvol opgaardamme in die sentrale binneland, en al hoe meer sluise wat oopgemaak word, word verwag dat die Augrabies-waterval, ongeveer 36km vanaf Kakamas en 120km vanaf Upington, binnekort ‘n donderende skouspel gaan wees wat die betekenis van sy naam, “Plek van groot geraas”, gestand gaan doen. Die Augrabies-waterval is in die vloei van die Oranjerivier, en sy water is van die Oranje- en Vaalrivier afkomstig. Dié twee riviere vloei naby Douglas ineen, met die Oranjerivier wat tussen Alexanderbaai en Oranjemund in die Atlantiese Oseaan uitmond. Uit die Kakamas-omgewing laat weet De Wet Theron: “Kom kuier vir ons in ‘n baie groen en nat Noord-Kaap.” Foto: De Wet Theron/Die Pienk Padstal

Op pad na skouspel van Augrabies-waterval

Die Noord-Kaap is groen, te danke aan baie reën, en die Oranjerivier vloei breër as in 'n lang tyd.
Met oorvol opgaardamme in die sentrale binneland, en al hoe meer sluise wat oopgemaak word, word verwag dat die Augrabies-waterval, ongeveer 36km vanaf Kakamas en 120km vanaf Upington, binnekort ‘n donderende skouspel gaan wees wat die betekenis van sy naam, “Plek van groot geraas”, gestand gaan doen. Die Augrabies-waterval is in die vloei van die Oranjerivier, en sy water is van die Oranje- en Vaalrivier afkomstig. Dié twee riviere vloei naby Douglas ineen, met die Oranjerivier wat tussen Alexanderbaai en Oranjemund in die Atlantiese Oseaan uitmond. Uit die Kakamas-omgewing laat weet De Wet Theron: “Kom kuier vir ons in ‘n baie groen en nat Noord-Kaap.” Foto: De Wet Theron/Die Pienk Padstal

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article