“After listening to their spiel, I’d point out that 311’s first album sounds pretty much like their second album, which sounds pretty much like their third album. The band wasn’t selling out. The rest of the world was just catching up.” – Alan Goldsher, Modest Mouse: A Pretty Good Read

Hy weet hul “band” is die wêreld vooruit.

Die “sound”, die “look”, die “vibe”. Lirieke ook.

Hy het gedink hulle het ook die talent wat hy het, en hy wat Budgie Blou is, is reg, behalwe dat hy meer wêreldwys as hulle is.

Sy “street cred” is hoog.

Dit is nou al maande dat hulle soggens “jam” op die boomtakke, voordat die mense wakker word en begin toilette spoel, stortwater laat spat, haardroërs laat blaas, ketels laat fluit.

Hy onthou dit nog uit sy hokdae; dank die Hemele dit is verby en hy kon eendag die mens uitoorlê.

Dié mens het nog gedink hy gaan ewe slaafs op sy skouer bly sit, totdat daai deur oopgeswaai en hy sy vlerke gesprei het. Dit was nou nie ‘n mooi vlug nie, met dié dat hy onfiks was, maar darem kon hy by die deur uit, die bloute in.

Dit is waaroor sy eerste song gaan. Die ontsnapping, ‘n onmoontlike missie wat moontlik geword het. Alcatraz se maai, daai mafioso kan eintlik van hom leer.

Die wilde voëls kon eers nie mooi verstaan wat hy aan hulle probeer tuisbring nie.

Hoe gelukkig hulle was om nie in hokke te beland nie.

Hul voorouers was duidelik slimmer as syne, wat hulle laat verlei het met praatjies van lewenslange kos en niksdoen.

Dit het hom omtrent weke gekos, smiddae – daai tyd wanneer die son begin sak – om sy “band members” van vryheid te oortuig.

Die enigste voordeel van sy koulewe was dat dit stof is vir sy “brilliant lyrics”.

“Let’s hit the road, baby.”

LEES OOK: Vind ambisie, selfs al is jy Budgie Blou, Muisvoël of Lyster

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article