Reënbuie
Verspreide donderbuie die afgelope Saterdag tussen Kimberley en Groblershoop. FOTO: Helena Barnard

Wolke in die Noord-Kaap
Bewolkte weer met wydverspreide reën oor groot dele van die land word vir vandeesweek voorspel, met maksimum temperature kenmerkend van matige herfsdae. Vir Kimberley is die gemiddelde minimum en maksimum temperature van Woensdag tot Dinsdag 17°C en 25°C, met verspreide donderbuie op al die dae, behalwe Sondag. Vir Upington is die temperature 20°C en 29°C, met die moontlikheid van verspreide donderbuie; vir Kuruman word 16°C en 24°C voorspel, gepaardgaande met enkele donderbuie. In Springbok word die gemiddelde minimum as 16°C voorspel, en die maksimum 29°C, met geen reën, aldus die weerwebwerf yr.no. Saterdag was verspreide donderbuie oor groot dele van die Noord-Kaapse horison sigbaar, met tekens dat reën plek-plek langs die N8 uitgesak het. FOTO: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article