Deur ‘n internskapprogram kan 13 jong gegradueerdes van Springbok hul toekoms bou.
Die Wind Industry Internship Programme wat deur die Kangnas-windkragaanleg en die Energy and Water Sector Education and Training Authority (EWSeta) ondersteun word, gee plaaslike jeug die kans om praktiese ervaring in die hernubare energiesektor op te doen.
Deur opleiding en blootstelling aan die werkplek aan te bied, help dit jongmense om voor te berei vir blywende loopbane terwyl dit verseker dat die gemeenskap direk by die windkragaanleg baat.
Die program, wat in Januarie 2022 van stapel gestuur is, is ontwerp om die gaping tussen akademiese leer en werklike bedryfservaring te oorbrug.
“Dit speel ‘n belangrike rol in die aanspreek van Suid-Afrika se jeugwerkloosheidskrisis.
“Benewens die aanbied van praktiese werkservaring, bied dit geldelike ondersteuning wat hindernisse soos vervoer- en professionele kleredragkoste verwyder, terwyl dit hulle ‘n kans gee om volhoubare loopbane te bou,” sรช Rouchet Daniels, ekonomiese ontwikkelingsbestuurder vir die Kangnas-windkragaanleg.

Die groep is deur dieSouth African Wind Energy Association gekies en is uit diverse professionele en akademiese velde soos maatskaplike werk, bemarking, ingenieurswese, menslike hulpbronne en administrasie.
Hulle is vir hul sterk akademiese prestasie, leierseienskappe en gedeelde toewyding om tot die hernubare energiebedryf by te dra, gekies.
Om hul sukses te verseker, word elke intern aan ‘n mentor toegewys wat leiding en professionele ondersteuning bied.
Om hulle verder voor te berei, neem interns ook deel aan ‘n tiendae werkgereedheidsprogram wat hulle toerus met vaardighede soos rekenaargeletterdheid, kommunikasie en professionele etiket.





You must be logged in to post a comment.