Donkiestandbeeld in Upington
Sedert 1984 simboliseer ‘n lewensgrootte bronsbeeld van ‘n donkie wat ‘n bakkiespomp aandryf, die rol wat dit vroeëre jare in die ontwikkeling van die Benede-Oranjeriviervallei gespeel het. Dié beeld van Hennie Potgieter is op die terrein van die Kalahari-Oranje-museum in Upington. Daar word gesê dat die ekonomiese ontwikkeling in dié streek nie sonder donkies en bakkiespompe sou kon plaasvind nie. Skrywers Chris Marais en Julienne du Toit skryf, volgens donkie-eienaars hou dié diere van country-musiek en nié van katte en klein honde nie. Die duurste kaas ter wêreld word in die Balkan van donkiemelk gemaak. Foto: Helena Barnard

Donkiestandbeeld in Upington
Sedert 1984 simboliseer ‘n lewensgrootte bronsbeeld van ‘n donkie wat ‘n bakkiespomp aandryf, die rol wat dit
vroeëre jare in die ontwikkeling van die Benede-Oranjeriviervallei gespeel het. Dié beeld van Hennie Potgieter is op die terrein van die Kalahari-Oranje-museum in Upington. Daar word gesê dat die ekonomiese ontwikkeling in dié streek nie sonder donkies en bakkiespompe sou kon plaasvind nie. Skrywers Chris Marais en Julienne du Toit skryf, volgens donkie-eienaars hou dié diere van country-musiek en nié van katte en klein honde nie. Die duurste kaas ter wêreld word in die Balkan van donkiemelk gemaak. Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article