MASILONYANA – Inwoners van die Masilonyana-plaaslike munisipaliteit in die Vrystaat is meer as ‘n maand lank sonder munisipale dienste weens ‘n staking van werkers wat nog nie hul salarisse ontvang het nie.

Die staking het dienslewering feitlik tot stilstand gebring.

Munisipale kantore is gesluit, finansiële transaksies kan nie plaasvind nie en inwoners het geen toegang tot basiese dienste nie.

Inwoners moet self water-, krag- en rioolprobleme aanspreek deur private kontrakteurs vir noodsaaklike herstelwerk te nader.

In Winburg is inwoners meer as ‘n maand lank sonder betroubare watertoevoer nadat infrastruktuur by die dorp se waterwerke beskadig is. Inwoners het probeer om die probleem self op te los, maar die gebrek aan munisipale ondersteuning bemoeilik enige herstelproses.

In Theunissen en Brandfort sit inwoners daagliks met kragonderbrekings, rioollekkasies en gebrekkige vullisverwydering sonder munisipale ondersteuning.

Die VF Plus sal die krisis in die provinsiale portefeuljekomitee vir samewerkende regering en tradisionele sake aanspreek en onmiddellike ingryping versoek.

Die party sê die provinsiale regering moet verduidelik hoe dienslewering herstel sal word en die munisipaliteit aanspreeklik gehou sal word.

ALSO READ: Showdown as property owners challenge Cape Town fixed charges

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article