VRYSTAAT – Die VF Plus het die Vrystaatse lid van die uitvoerende raad (LUR) vir samewerkende regering en tradisionele sake (CoGTA), Saki Mokoena, versoek om dringend in te gryp by die Masilonyana-plaaslike munisipaliteit se ernstige kontantvloeiprobleme.

Die munisipaliteit, wat Brandfort, Theunissen en Winburg bedien, het tydens ‘n portefeuljekomiteevergadering in die parlement erken dat dit jaarliks R157 miljoen aan staatsubsidies ontvang, terwyl sowat R168 miljoen per jaar aan salarisse, voordele en bonusse bestee word.

Masilonyana ontvang jaarliks R157 miljoen aan staatsubsidies

Geld wat vir basiese dienslewering bedoel is, word feitlik volledig deur salarisse opgeslurp.

Dit verklaar waarom diensverskaffers nie betaal word nie, inwoners sonder behoorlike dienste sit en die munisipaliteit volgens berigte nie eens brandstof vir voertuie kan aankoop nie.

Armand Cloete, VF Plus-lid van die provinsiale wetgewer vir die Vrystaat, het in ‘n verklaring gesê die ANC het Masilonyana in ‘n salaris- en kaderontplooiingsmasjien verander terwyl dienslewering agteruitgaan.

LEES OOK: Masilonyana Law Enforcement Unit’s shocking inefficiency exposed

“Nooit weer mag inwoners toelaat dat belastinggeld vir politieke selfverryking eerder as dienslewering gebruik word nie. Dit is ons tyd om Masilonyana te red,” het Cloete gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article