'n Bus sukkel aan deur 'n dam water tussen Diazville en Middelpos in Saldanha. Foto: Saldanhabaai-munisipaliteit
‘n Bus sukkel aan deur ‘n dam water tussen Diazville en Middelpos in Saldanha. Foto: Saldanhabaai-munisipaliteit

Die onverwagte swaar reën het talle huishoudings in die Saldanhabaai- munispale area onkant gevang, maar veral die Middelpos- informele nedersetting langs Diazville, Saldanha, word erg deur die oorstromings geraak.

Verskeie mense is dakloos ná oorstromings in Middelpos, Saldanha. Foto: Ingestuur.
Verskeie mense is dakloos ná oorstromings in Middelpos, Saldanha. Foto: Ingestuur.


Volgens Tereza Burger, woordvoerder vir die Saldanhabaai-munisipalite (SBM), is sowat 100 mense dakloos gelaat en dié getal gaan waarskynlik styg, afhangende van die weerstoestande.
Baie geaffekteerde mense is tydelik deur bure en vriende ingeneem.
Die SBM se Ramprisikobestuursdepartement het gister die Gift of the Givers- humanitêre organisasie genader vir noodsaaklike hulp soos komberse en matrasse.
Carol Feris van die ramprisiko-departement het gesê hul het veral ‘n behoefte aan warm klere en toiletbenodigdhede.
Volgens Burger is daar reeds ander rolspelers soos provinsiale departemente, besighede en nie-winsgewende organisasie wat by die hulppoging aangesluit het.
Ramprisikobestuur kan slegs hulp in die vorm van humanitêre verligting aan geverifieerde behoeftige inwoners verskaf word, het Burger gesê.

Burgemeester André Truter bekyk die skade aan plakkershuise in die Middelpos- informele nedersetting. Foto: Saldanhabaai-munisipaliteit.


Die meeste van die geaffekteerde gebiede is oorstroom en inwoners word versoek om alternatiewe akkommodasie te soek.
Inwoners of plaaslike besighede wat tot die hulppoging wil bydra, kan Carol Feris by die ramprisiko-kantoor op Vredenburg bel by 022 701 6835.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article