Die vermoorde Deveney Nel van Caledon.

Deveney-moordenaar se ma hou vol met saak teen vroue


Al is haar seun skuldig bevind aan die moord op die hoërskoolleerder Deveney Nel, hou dié ma steeds vol met haar saak teen die twee aktiviste van One Billion Rising, Lucinda Evans en Tanya Bippert.

Die twee vroue het weer op 12 Junie in die Grabouw-landdroshof verskyn nadat die ma van die moordenaar ‘n interdik teen hulle wil bekom om nie inligting oor haar seun te versprei nie.

Bippert en Evans het dit al in Oktober 2025 duidelik gemaak dat hulle nie stilgemaak sal word nie en sal veg vir dié wat nie vir hulself kan veg nie.

Nadat hulle die eerste keer in Junie 2025 in die hof verskyn het, is die saak nou weer tot 3 Julie uitgestel.

“Nadat ons in April 2025 gedagvaar is om in die Grabouw-landdroshof te verskyn, gaan die saak steeds voort. Die moordenaar se ma wil steeds ‘n interdik teen ons bekom oor die Deveney Nel-saak wat al in 2025 afgehandel is. Ons sal nie stilgemaak word nie, en ons sal nie ophou veg nie,” het Bippert op haar Facebookblad geskryf.

Die twee het dit duidelik gemaak dat hulle nie stilgemaak gaan word nie en sal aanhou veg vir geregtigheid.

“Ons sal nie as die sondebokke uitgemaak word terwyl die familie nie verantwoordelikheid wil aanvaar nie. Deveney Nel is wreedaardig van haar familie en vriende weggeneem en sy sal altyd onthou word as ‘n wonderlike jong vrou.”

Skoknuus tref die Overberg

Deveney Nel se lyk is in Augustus 2024 in ‘n stoorkamer by die Hoërskool Overberg in Caledon gekry nadat sy deur ‘n medeleerder vermoor is.

Die 16-jarige Nel is sewe keer deur haar moordenaar met ‘n skerp voorwerp gesteek. Sy het ook ander beserings opgedoen.

Die moordenaar is 25 jaar gevangenisstraf opgelê nadat hy in ‘n pleitooreenkoms gebieg het hoe hy haar aangerand, doodgesteek en haar lyk weggesteek het om die moord te verberg.

Volgens hom het hy doelbewus vir haar hoofslagare gemik toe hy haar vier keer met ‘n mes in die nek en bors gesteek het. Een van die messteke het haar hart deurboor.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article